BWB EmbleemR Boere Weerstands Beweging Boer

Die VierKleur sal weer wapper!

Nasiebou?

Sedert die wêreldbeker-sokkertoernooi het nasiebou weer 'n mode woord met nuwe stukrag geword. Sport is weer misbruik om die onnatuurlike nasiebouproses aan te help. Ons speel tot al rugby in Soweto en 'n Afrikaanstalige uitsaaier is baie trots daarop dat hy vanuit 'n "restaurant" in Soweto gaan uitsaai - alles in naam van versoening en nasiebou.

Interessant genoeg is dit veral die Afrikaanstalige sogenaamde hoofstroom media wat hulle bes doen om ons te kondisioneer dat sake tog uiteindelik besig is om beter te word, en dat die land met sy diversiteit tog kan werk, want ons is een nasie.

En dan kom die stakings, en skielik word dit weer duidelik dat daar geen sprake van een nasie kan wees nie, want daar is verskillende kulture met 'n verskil in werksetiek. Dan blyk die egoïsme en selfsug aan die een kant teenoor pligsbesef en opoffering aan die ander kant. Hierdie lyne loop parallel met volkslyne.

Gister en die dae voordien het dit duidelik bewys. Die onderwysers en onderwyseresse van ons volk, is waar hulle plig en verantwoordelikheid lê: in die klaskamer, by hulle leerlinge, waar hulle desperaat maar met toewyding probeer om ons matrikulante voor te berei vir die belangrikste eksamen van hulle skool loopbaan. Die ander volke se onderwysers is in die strate: oproerig, opswepend en intimiderend teenoor dié wat wel hulle plig en verantwoordelikheid wil nakom.

Dan kom die Minister so ewe en doen 'n beroep op ouers, beheerliggame en die gemeenskap om die matrikulante by te staan. Opmerklik dat nie die onderwysers, wat daarvoor betaal word en nou méér betaling eis, gevra word om die matrikulante by te staan nie. Hulle is sommer deur die regering vrygestel sodat hulle kan staak!

Die verloop van die stakings wys ook op die kultuurverskille. Normaalweg beteken 'n staking om bloot nie werk toe te gaan nie. Dit is soos ons volk se woordeboek dit verstaan en hoe ons kultuur dit uitleef, as daar dan gestaak moet word. In die ander volke se raamwerk beteken om te staak nie bloot om weg te bly van die werk nie, maar om optogte te hou, selfs opswepende en gewelddadige optogte, om skole deur vrees en intimidasie te dwing om te sluit, om hekke af te breek, om stoele en tafels om te keer, asblikke in die strate uit te gooi en as daar maar 'n halwe kans is, motors en winkelvensters ook te beskadig. Waarom sulke barbaarse optrede by 'n staking nodig is, sal vir enige opgevoede en beskaafde persoon 'n raaisel bly.

Wat meer is, is dat daar skynbaar nie veel gedoen word om sulke barbare vas te vat en te vervolg nie. As daar 'n vreedsame volksbyeenkoms of optog gehou word, is die polisie se misdaad inligtingsafdeling volsterkte teenwoordig met foto en videokameras om die vreedsame regses af te neem en hulle inligting op leêr te kry. Waar is daardie polisiemanne met hulle kameras tydens die barbaarse stakingsoptredes om die belhamels vas te vat?

Wil ons nasiebou met sulke mense? Ons glo nie. Laat ons onsself regeer in ons eie land, en laat hulle in hulle land dan maar afbreek as hulle wil. Ons het 'n kultuur van bou, en nie van afbreek nie. Ons raak moeg daarvoor om telkens weer te moet opbou wat deur barbare afgebreek word. Dit is waarom die nasiebou oefening nie volhoubaar is nie, en waarom ons na vryheid sal moet bly werk.

Bron: Radio Pretoria Nuus Komentaar - 20 Augustus 2010